Ek het hierdie resep van my suster in Nieu-Seeland ontvang.
12 porsies
Bestanddele
KOEK
187 ml (¾ k) gedroogde appelkose, fyn gekap
250 ml (1 k) appelkoossap
3 eiers, geskei
250 ml (1 k) sagte bruinsuiker
125 ml (½ k) olie
250 ml (1 k) klapper
375 ml (1½ k) koekmeel
5 ml (1 e) bakpoeier
knypie sout
100 g (1 plak) donkersjokolade, grof gekap
VERSIERSEL
100 g (1 plak) donkersjokolade
60 ml (4 e) room
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Koek: Kook appelkose en appelkoossap vir 5 min. Hou ongeveer 30 min eenkant tot afgekoel.
2. Klits eiergele tot liggeel. Voeg suiker en olie by en klits nog 3 min.
3. Roer klapper en afgekoelde appelkoosmengsel by eiermengsel.
4. Sif meel, bakpoeier en sout. Roer by eier¬mengsel.
5. Klits eierwitte tot styf en vou saam met sjokolade by beslag in.
6. Skep in ronde koekpan met 22 cm-deursnee wat met bakpapier gevoer is. Bak vir 50 min. of tot toetspen skoon uitkom.
7. Versiersel: Smelt sjokolade en room in dubbelkoker. Roer tot glad.
8. Giet versiersel bo-oor koek. Versier soos verkies.