Appels en sjokoladebrokkies maak hierdie dekadente ringkoek net die ding vir ’n koue dag
1 koek
Bestanddele
645 ml (360 g) bruismeel
1,25 ml (½ t) sout
1 95 ml (180 g) botter, in blokkies gesny
225 ml (180 g) suiker
3 middelslag-appels, geskil en in blokkies gesny
270 g (375 ml) sjokoladebrokkies
2 groot eiers
135 ml melk
5 ml (1 t) vanielje
SOUS
1 blik gekookte kondensmelk
60 ml (¼ k) room
Metode
Verhit oond tot 180 °C, smeer ringpan met gesmelte botter en strooi met meel.
- Sif meel en sout saam en vryf botter by mengsel in.
- Gooi suiker, appelblokkies en sjokoladebrokkies by meelmengsel en meng.
- Klits eiers, melk en vanielje saam en meng by beslag.
- Skep beslag in ringpan en bak vir 1 uur tot goudbruin en gaar.
- Laat vir 10 minute in pan staan en keer op koekbord uit om verder af te koel.
- Sous Meng gekookte kondensmelk en room oor lae hitte tot glad en loperig.
- Verwyder van hitte en laat afkoel.
- Bedruip koek met sous.