Probeer hierdie heerlike Clover-resep! Wees op die uitkyk
na LITTLE BIG COOK OFF vanaf 10 Mei elke Saterdag om
18:00 op SABC3 vir nog resepte en fantastiese pryse
180 ml strooisuiker
125 g Clover Mooi River-botter
2 eiers
5 ml vanielje
375 ml koekmeel, gesif
7 ml bakpoeier
125 ml Clover-melk
1 appel, ontpit en in dun skywe gesny
100 g vars of gevriesde bloubessies
45 ml bruinsuiker
125 ml Clover-room, styfgeklits
Voorverhit oond tot 160 °C. Klop suiker en botter tot lig en donsig. Voeg eiers een vir een by en klits ná elke byvoeging. Voeg die vanielje by. Sif die droë bestanddele en voeg om die beurt melk en bottermengsel by tot goed gemeng.
Skep mengsel in gesmeerde losboomkoekpan van 22 cm wat met waspapier uitgevoer is. Gooi appels en bloubessies bo-op en strooi suiker oor. Bak vir 45-50 minute of tot toetspen skoon uitkom. Sit met geklitste room voor.