Anien le Roux “help” al vandag sy kan onthou in die kombuis. Sy deel hier een van haar resepte
Bedien 6
Bestanddele
BURGER
600 g beesmaalvleis sonder vet
100 g gerookte spek, gebraai en fyngesny
100 g droë broodkrummels
1 knoffelhuisie, fyngedruk
2 t tamatiesous
1 t vrugteblatjang
1 eier, liggies geklits
’n handvol koljander, fyngekap
1/2 klein ui, fyngekap
sout en peper na smaak
olyfolie vir braai
SOETPATAT
400 g gekookte, afgekoelde soet patat
50 g gesoute botter
100 ml esdoringstroop
Sout en peper na smaak
ROLLETJIES
125 g Portabilini-sampioene, gesny en pangebraai
125 g gesoute botter
sout en peper na smaak
Metode
- Burger Meng bestanddele.
- Maak ses hamburgerfrikkadelle wat so groot soos jou broodrolletjies is.
- Verhit olyfolie en bak frikkadel vir 5-6 minute aan kant en draai net een maal om.
- Soetpatat Sny soetpatat in dik snye en pak in oondbak. Gooi botter, stroop, sout en peper oor en bak tot goudbruin.
- Rolletjies Meng sampioene, botter en sout saam tot glad. Sny rolletjies middeldeur en smeer dik met bottermengsel. Rooster in oond of oor kole tot hulle lekker krakerig is.
- Pak bieffrikkadel met soetpatat op geroosterde rolletjie en drup van warm esdoringstroop daaroor voor jy boonste helfte van rolletjie opsit.