Kikker jou koffie op met Amarula
Amarula het vanjaar ’n goue medalje by die International Wine & Spirit Competition (IWSC) in Londen verower. Gebruik dié bekroonde drankie in jou volgende koppie koffie.
• Bedien 4
BESTANDDELE
120ml Amarula Cream
50ml geklopte room
20ml bruinsuiker
20ml warm sjokoladepoeier
4 koppies sterk filterkoffie
Glas: Martini- of skemerkelkieglase
METODE
1 Gooi die koffie in glase waarin ’n lepel staangemaak is om te verhinder dat hulle kraak.
2 Giet sowat 15ml Amarula Cream in elke glas koffie gevolg deur die geklopte room en bruinsuiker.
3 Sprinkel met warmsjokoladepoeier en ekstra Amarula Cream.