1 koek
Bestanddele
KOEK
500 ml (2 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
5 ml (1 t) fyn kaneel
knypie sout
3 eiers
187 ml (¾ k) olie
250 ml (1 k) sagte bruinsuiker
187 ml (¾ k) klapper
440 g (1 blik) fyn pynappel, gedreineer
2 groot ryp piesangs, fyngedruk
10 ml (2 t) vanielje
VERSIERSEL
45 ml (3 e) sagte botter
60 ml (4 e) geroomde maaskaas
500 ml (2 k) versiersuiker, gesif
30 ml (2 e) grenadellapulp
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Koek: Sif koekmeel, bakpoeier, kaneel en sout.
2. Klits eiers, olie en suiker met elektriese klitser. Roer klapper, pynappel,
piesang en vanielje by eiermengsel.
Voeg gesifte meelmengsel by. Meng goed.
3. Skep beslag in ronde koekpan met 22 cm-deursnee wat met bakpapier gevoer is.
4. Bak vir 55 min. of tot toetspen skoon uit¬kom.
5. Laat koek bietjie in koekpan afkoel. Keer op afkoelrakkie uit om heeltemal af te koel.
6. Versiersel: Gebruik elektriese klitser en klits botter en roomkaas tot romerig.
7. Klits klein hoeveelhede versier-suiker geleidelik by bottermengsel. Klits grenadellapulp by en smeer versiersel bo-oor koek.