Ons is altyd besig en daarom is eenbakgeregte treffers in ons oë. Maak gerus dié alles-in-een-hoendergereg – dit is immers een van ons gewildste resepte
4 porsies
187 ml (¾ k) rou rys
8 hoenderporsies
7,5 ml (1½ t) hoenderspeserye
swartpeper na smaak
sout na smaak
genoeg olie
2 50 g (1 pakkie) spek, in blokkies gesny
LEES OOK: Maak aartappels met spek en sampioene
GROENTE
20 klein aartappeltjies met skil, gehalveer
12 klein uitjies, gehalveer
2 50 g (1 pakkie) sampioene, gehalveer
8 20 g (2 x 410 g-blikke) gekapte tamaties
500 ml (2 k) kookwater
1 blokkie hoenderaftreksel
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
10 ml (2 t) suiker
60 ml (4 e) blatjang
1 ml sout
knypie swartpeper
LEES OOK: Maak ‘n eenbak-hoenderkerrie
Stel oond op 180 °C.
- Gooi rou rys in dieperige gesmeerde oondbak van 36 cm x 24 cm groot.
- Vryf hoenderporsies goed met hoenderspeserye, sout en peper.
- Verhit genoeg olie in braaipan en braai hoenderstukkies tot goudbruin. Skep op rys in oondbak.
- Braai spek in dieselfde braaipan tot gaar en skep op rys en hoender in oondbak.
- Groente Pak aartappeltjies, uitjies en sampioene rondom en oor hoenderstukke.
- Meng oorblywende bestanddele in mengbak. Giet stadig oor rys en hoendergereg.
- Bedek oondbak met foelie en bak vir 75 minute. Sit oond af en laat staan vir nog 60 minute in warm oond met oonddeur toe sodat rys heeltemal kan uitswel.
- Sit warm voor.