Bestanddele
500 g uie, gekap
200 g groen soetrissie, gekap
2 tamaties, gekap
5 g kaneelstokkies
3 g kardemom
500 g lamsvleis
300 g aartappels, gehalveer
1 kg basmatirys
25 g knoffel, fyngekap
25 g gemmer, fyngekap
sout na smaak
250 g gemengde kerriespeserye
100 ml sonneblomolie
Metode
1. Braai uie, soetrissie, tamaties, kaneel en kardemom tot goudbruin.
2. Was vleis af, voeg by mengsel en laat stadig kook vir sowat ’n uur. Voeg aartappels by.
3. Spoel rys af en laat vir 15 minute in kookwater week. Meng droë speserye, gemmer en knoffel met ‘n bietjie water om pasta te vorm, voeg by vleis, rys en ander bestanddele in pot en laat vir verdere 20 minute prut.
4. Bedien met vars gekapte koljander en tamatie-en-uie-slaai. Leer die man agter die kos ken.