Nooi ‘n paar vriende en sit dié aartappeltjies met hamburgers voor
• 6 porsies
BESTANDDELE
700 g (1 klein sakkie) aartappeltjies
60 ml (4 e) olie
2,5 ml (½ t) cajunspeserye
5 ml (1 t) fyn komynsaad (cumin)
2,5 ml (½ t) paprika
AVOKOKADODOOPSOUS
3 ryp avokado’s, geskil en ontpit
60 ml (4 e) natuurlike jogurt
45 ml (3 e) mayonnaise
3 grasuie, gekap
10 ml (2 t) suurlemoensap
1 ml sout
knypie peper
handvol vars koljander, gekap (opsioneel)
• Stel oond op 180°C
METODE
1 Kook aartappeltjies in borrelende kookwater waarby 10 ml (2 t) sout gevoeg is vir 10 minute. Dreineer.
2 Rol aartappeltjies in olie tot goed bedek.
3 Meng Cajunspeserye, komyn en paparika en vryf bo-oor olie-bedekte aartappeltjies.
4 Plaas in oondpan en bak vir 30 minute tot liggoudbruin. Skud oondpan gedurende bakproses sodat aartappeltjies egalig kan verbruin.
5 Avokadodoopsous Druk avokado’s met vurk tot glad. Voeg oorblywende bestanddele by en roer tot goed gemeng.
6 Plaas in geskikte opdienbakkie en bedek met kleefplastiek tot benodig.
7 Sit gebraaide aartappeltjies en avokadodoopsous op opdienbord voor.