Nooi ‘n paar vriende en sit ‘n informele ete met hamburgers voor
Maak dít saam met die aartappeltjies (klik hieronder)
Resep vir hamburgers
Resep vir uieringe
Resep vir hamburgers
Resep vir uieringe
• 6 porsies
Bestanddele
700 g (1 klein sakkie) aartappeltjies
60 ml (4 e) olie
2,5 ml (½ t) cajunspeserye
5 ml (1 t) fyn komynsaad (cumin)
2,5 ml (½ t) paprika
Avokadodoopsous
3 ryp avokado’s, geskil en ontpit
60 ml (4 e) natuurlike jogurt
45 ml (3 e) mayonnaise
3 grasuie, gekap
10 ml (2 t) suurlemoensap
1 ml sout
knypie peper
handvol vars koljander, gekap (opsioneel)
Metode
• Stel oond op 180°C
1 Kook aartappeltjies in borrelende kookwater waarby 10 ml (2 t) sout gevoeg is vir 10 minute. Dreineer.
2 Rol aartappeltjies in olie tot goed bedek.
3 Meng Cajunspeserye, komyn en paparika en vryf bo-oor olie-bedekte aartappeltjies.
4 Plaas in oondpan en bak vir 30 minute tot liggoudbruin. Skud oondpan gedurende bakproses sodat aartappeltjies egalig kan verbruin.
5 Avokadodoopsous Druk avokado’s met vurk tot glad. Voeg oorblywende bestanddele by en roer tot goed gemeng.
6 Plaas in geskikte opdienbakkie en bedek met kleefplastiek tot benodig.
7 Sit gebraaide aartappeltjies en avokadodoopsous op opdienbord voor.