Deur: MARLO KITSHOFF-CARSTENS en SUZANNE CROZIER
6 porsies
375 g (1 pakkie) plaasworsies (country saugages)
700 g (1 sakkie) baba aartappels
sout en peper na smaak
bietjie olie
1 ui, fyn gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
125 g (½ pakkie) spek, fyn gekap
4 agurkies, fyn gekap
6 grasuie, fyn gekap
5 ml (1 t) dijonmosterd
30 ml (2 e) strooisuiker
30 ml (2 e) witwynasyn
80 ml (? k) avokado olie of olyfolie
1 Braai worsies in kastrol met klein bietjie water tot gaar, ongeveer ses minute. Laat effens afkoel en sny in skyfies.
2 Kook aartappels met skil aan in borrelende soutwater tot gaar, ongeveer 12 minute vandat water begin borrel. Dreineer en laat effens afkoel.
3 Halveer aartappeltjies. Sprinkel sout en peper bo-oor.
4 Verhit olie en soteer ui en knoffel tot sag. Voeg spek by en soteer nog vyf minute tot gaar. Verwyder van hitte.
5 Roer agurkies en grasuie by spekmengsel.
6 Klits mosterd, suiker, asyn en olie bymekaar en voeg by spekmengsel.
7 Skep worsies en aartappelhalwes by spekmengsel. Roer tot net gemeng.
8 Sit teen kamertemperatuur of koud voor.