Lyk hierdie aartappels in Libanese styl nie net heerlik nie?
4 porsies
Bestanddele
5 aartappels, geskil en in groot blokke gesny
30 ml (2 e) kookolie
2,5 ml (½ t) sout
2,5 ml (½ t) fyn komyn
2,5 ml (½ t) fyn koljander
2,5 ml (½ t) paprika
knypie rooipepervlokkies
knypie swartpeper
10 ml (2 t) suurlemoensap
80 ml (1/3 k) gekapte koljanderblare
Metode
Stel oond op 180 ˚C.
- Meng aartappels, olie, speserye en suurlemoensap.
- Pak op bakplaat en bak vir 40 minute of tot goudbruin en sag.
- Sprinkel met koljanderblare en bedien dadelik.