Wanneer laas het jy ’n aartappel-hasselback gemaak? Probeer die resep met spek en kaas
4 porsies
Bestanddele
4 groot aartappels
200 g (1 pakkie) strepiespek
250 g (1 houer) grasuigegeurde roomkaas
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
60 ml (¼ k) broodkrummels
Metode
Stel oond op 180 ˚C.
- Sny elke aartappel in skyfies, maar nie heeltemal deur nie. Sit aartappels in gesmeerde oondbak.
- Kap spek in 2,5 cm-stukke en braai tot amper bros.
- Skep bietjie spek in een gleuf van aartappel en roomkaas in ander gleuf. Hou so aan tot al die aartappelsnye gevul is.
- Sprinkel aartappels met kaas en broodkrummels.
- Maak oondbak met foelie toe en bak vir 40 minute of tot sag.
- Maak foelie oop en bak verder om aartappel bruiner te maak.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.