Maak hierdie aartappel-gratin as ’n lekker bykos
4 porsies
Bestanddele
4 middelslag-aartappels
1 ui, in ringetjies gesny
10 ml (2 t) fyn knoffel
250 ml (1 k) room
sout en peper
knypie neutmuskaat
Metode
Stel oond op 180 ˚C.
- Sny aartappels in baie dun skyfies.
- Rangskik aartappels en uie beurtelings in groot oondbak.
- Meng knoffel, room, sout, peper en neutmuskaat en giet oor aartappelmengsel.
- Bak ongeveer 40 minute of tot aartappels sag en goudbruin bo-op is.