Hierdie aartappel-en-spek-koppies in tapas-styl is ’n treffer!
16 stukke
Bestanddele
16 klein aartappels, saggekook
bietjie olie
1 klein ui, gekap
100 g (½ pak) stukkies spek
5 ml (1 t) gemengde kruie
knypie neutmuskaat
sout en peper
30 ml (2 e) room
60 ml (¼ k) mozzarellakaas, gerasper
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Sny bopunt van aartappels af en hol aartappels uit. Hou uitgeskepte aartappel eenkant.
- Verhit olie en braai ui en spek tot gaar, voeg geurmiddels by en braai verder.
- Voeg uitgeskepte aartappel by spekmengsel, voeg room by en bring tot kookpunt.
- Skep vulsel in aartappeldoppies en sprinkel met kaas.
- Bak vir 10 minute of tot kaas goudbruin is.