Sop is sinoniem met winter. Maak aartappel-en-prei-sop hierdie week
4 porsies
Bestanddele
30 ml (2 e) botter
250 ml (1 k) gekapte preie
5 ml (1 t) fyn knoffel
8 00 g aartappels, geskil en in blokke gekap
1,5 ℓ (6 k) hoenderaftreksel
125 ml (½ k) room
knypie neutmuskaat
sout en peper
Metode
- Smelt botter en braai preie en knoffel daarin tot sag.
- Gooi aartappels en aftreksel by preiemengsel en kook tot aartappels baie sag is.
- Gooi mengsel in voedselverwerker en verwerk tot glad.
- Gooi mengsel terug in kastrol en giet room by. Geur met neut, sout en peper. Laat kook.
- Bedien met broodblokkies of vars brood.