Gee die gesin vandag vinnig kos met hierdie maklike en vars resep vir ’n aartappel-en-mielie-slaai
Deur SUZANNE CROZIER
4 porsies
Bestanddele
1 kg (1 pak) klein aartappeltjies, in helftes gesny bietjie olie
15 ml (1 e) groentespeserye
vars gemaalde swartpeper
4 vars geelmielies
60 ml (¼ k) botter
15 ml (1 e) hoenderspeserye
150 g (1 pak) spinasie- en roketblare
200 g (1 pak) kersietamaties
3 sirkels feta
SOUS
80 ml (1/3 k) mayonnaise
30 ml (2 e) room
30 ml (2 e) soetrissiesous
10 ml (2 t) gemengde kruie
Metode
Stel oond op 200 °C.
- Meng aartappels met olie, groentespeserye en peper en plaas op bakplaat.
- Smeer mielies met botter en sprinkel met hoenderspeserye. Plaas ook op bakplaat.
- Bak vir 40 minute of tot sag. Haal uit en laat effe afkoel.
- Sny mielies van stronk af, hou eenkant.
- Pak blare in groot mengbak met tamaties, feta en mielies.
- Sous Meng alles saam en roer aartappels deur sous.
- Gooi aartappels by res van slaaibestanddele. Bedien dadelik.