Bak ’n mooi pienk koek met ’n aarbeismaak!
Bestanddele
250 g (½ blok) sagte botter
250 ml (1 k) strooisuiker
80 g (1 pakkie) aarbeijelliepoeier
4 ekstragroot eiers
5 ml (1 t) vanieljegeursel
875 ml (3½ k) koekmeel
20 ml (4 t) bakpoeier
1 ml sout
250 ml (1 k) louwarm melk
1 druppel rooi koekkleursel
PIENK VERSIERSEL
2 50 g (½ blok) wit Wooden Spoon-margarien by kamertemperatuur
500 g (4 k) versiersuiker, gesif
1 ml bakpoeier
75 ml (5 e) volroommelk
1 druppel rooi jelkoekkleursel
5 ml (1 t) vanieljegeursel
keuse van voedselkleursel
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Room botter en strooisuiker met elektriese klitser vir vyf minute tot liggeel en donserig.
- Voeg aarbeijelliepoeier by en klits tot gemeng.
- Voeg eiers en vanieljegeursel by. Klits tot gemeng.
- Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam.
- Meng louwarm melk en rooi koekkleursel.
- Voeg gesifte meelmengsel en melk beurtelings by bottermengsel. Roer tot beslag gemeng is.
- Skep deeg in twee ronde koekpanne met 22 cm deursnee wat met kossproei gespuit en met bakpapier uitgevoer is.
- Bak vir 25 minute of tot toetspen skoon uitkom.
- Laat koek bietjie in koekpanne afkoel en keer dan op afkoelrakkie uit om heeltemal af te koel.
- Pienk versiersel Room wit margarien vir ongeveer vyf minute.
- Meng versiersuiker en bakpoeier. Skep ongeveer 500 ml (2 k) van versiersuiker by margarienmengsel.
- Meng melk, jelkoekkleursel en vanieljegeursel. Voeg melkmengsel by margarienmengsel. Klits met elektriese klitser tot pofferig, ongeveer drie minute.
- Voeg versierselmengsel verder bietjies op ’n slag by en hou aan klits tot goed gemeng, ongeveer drie minute.
- Voeg kleursel by indien gebruik word en klits weer.
- Sny koeklae horisontaal in helfte deur. Smeer koeklae met versiersuiker en plaas op mekaar op opdienbord.