Bak aarbeigeurkolwyntjies met ‘n heerlike versiersel
• 36 kolwyntjies
AARBEIKOLWYNTJIES
250 g (½ blok) sagte botter
500 ml (2 k) strooisuiker
6 ekstragroot eiers
875 ml (3½ k) koekmeel
40 ml (2 e + 2 t) bakpoeier
1 ml sout
250 ml (1 k) warm volroommelk
60 ml (4 e) water
5 ml (1 t) aarbeigeursel
2,5 ml (½ t) rooi voedselkleursel
AARBEIVERSIERSUIKER
250 g (½ blok) wit margarien by kamertemperatuur
1 kg (1 groot pak) versiersuiker, gesif
1 ml bakpoeier
90 ml (6 e) melk
5 ml (1 t) aarbeigeursel
2,5 ml (½ t) rooi voedselkleursel
bietjie pistasieneute, grofgekap
• Stel oond op 180 °C
1 Aarbeikolwyntjies Room botter en strooisuiker saam tot romerig.
2 Klits eiers goed en roer by bottermengsel. Klits weer goed tot gemeng.
3 Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam.
4 Meng melk, water, aarbei- en voedselkleursel saam.
5 Meng meel- en melkmengsel.
6 Skep 60 ml (4 e) deeg op ‘n slag in elke muffinpan wat met muffinpapiertjies uitgevoer is.
7 Bak vir 16 minute of totdat toetspen skoon uitkom.
8 Laat kolwyntjies effens afkoel, skep uit en laat heeltemal afkoel op afkoelrakkie.
9 Aarbeiversiersuiker Room margarien met elektriese klitser tot spierwit, ongeveer 5 minute. Voeg bakpoeier by.
10 Voeg 375 ml (1½ k) versiersuiker by bottermengsel, asook melk en aarbeigeursel. Klits met elektriese klitser tot pofferig, ongeveer 4 minute.
11 Voeg versiersuiker bietjies op ‘n slag by. Hou aan klits tot donserig.
12 Voeg rooi voedselkleursel by tot versiersuiker pienk is.
13 Smeer aarbeiversiersuiker bo-op elke kolwyntjie.
14 Rond kolwyntjies af met gekapte pistasieneute indien verkies.
WENK Gebruik Wooden Spoon se wit margarien.