Aarbeie is nou volop in seisoen – maak roomys daarmee
• 6 tot 8 porsies
BESTANDDELE
750 ml (3 k) vars room
577 g (1½ blik) kondensmelk
250 g (1 pakkie) aarbeie, ontstingel en gepuree
50 g (½ pakkie) pistasieneute, fyngekap
1 Klits room tot net styf met elektriese klitser.
2 Roer kondensmelk met lepel by room.
3 Verdeel kondensmelkmengsel tussen twee mengbakke.
4 Voeg aarbeipuree by een deel en pistasieneute by ander deel.
5 Plaas al twee mengbakke in vrieskas vir vier uur.
6 Voer broodpan van 6 cm x 18 cm met kleefplastiek uit.
7 Haal aarbeiroomys uit vrieskas, roer deur. Skep aarbeideel in broodpan en maak holte in lengte van broodpan. Plaas in vrieskas vir nog vyf uur tot aarbeiroomys vorm behou.
8 Roer pistasieroomys weer deur en skep in broodpan waarin aarbeiroomys reeds gestol is. Maak gelyk bo-op en plaas weer in vrieskas vir 24 uur.
9 Wanneer roomys uitgekeer moet word, dompel broodpan vir ongeveer 12 sekondes in kookwater en keer uit met behulp van kleefplastiek.
10 Dien op in opdienbord en versier soos verkies.
11 Sny in skywe en sit voor.