Ons het vir jou ‘n hele spyskaart uitgewerk vir die week – met ‘n inkopielys!
Sorg dat jy altyd die volgende in jou kas en yskas het:
- Sout en peper
- Kruie (tiemie, pietersielie, gemengde kruie, basiliekruid, ens.)
- Speserye (kerrie, borrie, koljander, komyn, gemmer, naeltjies, kaneel, lourierblare, ens.)
- Hoenderaftreksel
- Beesvleisaftreksel
- Asyn (wit, bruin, balsemiek)
- Suurlemoensap
- Blatjang
- Rys
- Knoffel
- Tamaties
- Uie
- Aartappels
- Olie
- Melk
- Botter
- Eiers
- Witsuiker en bruinsuiker
- Koekmeel
- Bakpoeier
- Heuning
Wat jy moet koop vir dié week se aandetes:
- 375 ml (1½ k) rooiwyn
- 125 g (½ pakkie) spek, in blokkies gesny
- 4 groot lamskenkels
- 1,2kg hoenderborsies
- 30 ml (2 e) parmesaankaas
- 500 g (1 pak) stokvisfilette of vissteaks
- 300 g hamsteaks
- 500 g beesmaalvleis
- 750 ml (3 k) Griekse jogurt
- 500 ml (2 k) room
- 500 g (2 pakkies) sampioene
- 3 preie
- 1 k gevriesde gemengde groente
- 2 selderystingels
- 410 g (1 blik) gekapte tamaties
- 840 g (2 x 420 g-blikke) geroomde mielies
- 410 g (1 blik) tamatiepuree
- 385 g (1 blik) tertappels
- Gedroogde Italiaanse kruie
- 125 ml (½ k) pekanneute, fyngekap
- 125 ml (½ k) klapperskaafsels
- 100 g (1 pakkie) okkerneute, gekap
- 625 ml (2½ k) arboriorys
- 187 ml (¾ k) strooisuiker
Maandag
Pasta met hoender en olywe. Klik hier vir die resep
Dinsdag
Jogurtvis. Klik hier vir die resep
Woensdag
Spek-en-sampioenrisotto. Klik hier vir die resep
Donderdag
Botterhoender. Klik hier vir die resep
Vrydag
Wegneemetes! Jy verdien ‘n afdag
Saterdag
Sit ‘n vleisie op die kole en maak hierdie heerlike bygeregte.
Klik hier vir die braaivleismielietert se resep
of klik hier vir die sampioenslaai se resep
Sondag
Maak ‘n heerlike gekookte ete en ‘n nagereg
Klik hier vir die resep vir maklike lamskenkels
en maak Carike Keuzenkamp se appelnagereg daarby. Klik hier vir die resep