Humus is ‘n bewys dat van die lekkerste dinge die maklikste is om te maak. As jy eers ons basiese humusresep bemeester het, kan jy met ander geure begin eksperimenteer.
Bestanddele
Basiese humus
2 k Pouyoukas-kekerertjies (volgens instruksies voorberei)
1 e tahini
2 e olyfolie
2 e vars uitgedrukte suurlemoensap
1 knoffelhuisie
½ t seesout
Paprika (opsioneel, gebruik as versiering)
Koljander of pietersielie blare (opsioneel, gebruik as versiering)
Meer humusgeure
Griekse humus
2 k Pouyoukas-kekerertjies (voorberei volgens instruksies)
½ k gekrummelde fetakaas
1 k babaspinasie
2 e suurlemoensap
1/8 t kaneel
Pesto-humus
2 k Pouyoukas-kekerertjies (voorberei volgens instruksies)
1/3 k tahini
2 e klaar voorbereide pesto
2 e suurlemoensap
1 e gerasperde parmesaankaas
Groenkruie-humus
2 k Pouyoukas-kekerertjies (volgens instruksies voorberei)
½ k basiliekruid
½ k pietersielieblare
¼ k tahini
2 e olyfolie
Guaco-humus
2 k Pouyoukas-kekerertjies (volgens instruksies voorberei)
1 ryp avokadopeer
1 jalapeno
¼ k koljanderblare
2 e lemmetjiesap
Ranch-humus
2 k Pouyoukas-kekerertjies (volgens instruksies voorberei)
1/3 k Griekse jogurt
1 t gedroogde pietersielie
½ t knoffelsout
1 t gedroogde dille
1 e tahini
Voorbereiding
Laat jou Pouyoukas-kekerertjies oornag in water lê en kook dit dan vir 40 minute.
Metode
Plaas die bestanddele in ’n voedselverwerker en meng saam totdat dit goed gemeng en klontvry is.