Voor Google het ek gedink daar is net een mens op aarde met die naam “Eldaleen”. Toe nou nie.
Dit lyk my daar was meer mense met dié naam in die VSA as tans op eie bodem. Sowaar – met dieselfde spelling. Die oudste een wat ek kon opspoor, Martha Eldaleen Heydon (5 Julie 1883 – 24 April 1950) is in Missouri gebore en Robert en Anna Cashion van North Carolina se dogter, Eldaleen Cashion was volgens ‘n sensus in 1940, 18 jaar oud. Hoekom weet ek die goed? Dalk omdat ‘n mens soek na dié oorsprong, die betekenis, ‘n naamgenoot… Ek wonder – word ‘n mens jou naam of is jou naam wie jy is? Ek weet nie, maar ek weet wel ek sou wat wou gee om meer oor Martha Eldaleen Heydon en Eldaleen Cashion te weet.
Eldaleen is die redakteur van Vrouekeur.