Die lewe is ’n rotresies en almal weet dat ’n mens geld moet maak om te bestaan.
Dis egter juis hierdie gejaag na geld om te oorleef wat ‘n mens dikwels negatief maak. Marlene Malan skryf op bl 22 almal voel die een of ander tyd moeg, moedeloos, oorlaai en oorweldig – soms nie vanweë hoë produktiwiteit nie, maar weens ‘n gebrek daaraan. “Teen Dinsdag al is jy so futloos, jy kan nie wag vir huistoegaantyd nie. Vrydae wonder jy: Wat het ek nou eintlik in my werksweek van minstens 40 uur uitgerig?” Gelukkig is daar dinge wat jy kan doen wat jou produktiwiteit kan verhoog en jou gelukkiger kan laat voel. Maar soms is dit ook nodig om te besef dat die dinge wat ons eintlik gelukkig maak en wat vir ons belangrik is, nie ‘n sent kos nie. Dis gratis! Hierdie aanhaling laat ‘n mens nogal dink …
Eldaleen is die redakteur van Vrouekeur.