Ons vier Moedersdag hierdie week en die aktrise Desiré Gardner en haar pragtige twee kinders is ons voorbladsterre
Op bl 34 wys Mareli Visser ons hoe om vir Ma met teesakkiekoekies te bederf en op bl 30 gee Suzanne Crozier resepte vir ’n spesiale ontbyt. Ons wens elke ma ’n baie gelukkige Moedersdag toe en ons kyk hier wat ’n paar bekende ma’s oor ouerskap te sê het.
Eldaleen is die redakteur van Vrouekeur.