Dis Februarie en waar jy kyk, is harte van sjokolade en rooi langsteelrose vir Valentynsdag te koop
Kan ’n mens regtig beskryf wat dit is om iemand lief te hê? Ek dink nie so nie. Dit beteken nie mense gaan ophou skryf of dig oor die liefde nie. Die liefde kan nie uitgeskryf raak nie.
Allerliefste, ek stuur vir jou ’n rooiborsduif want niemand sal ’n boodskap wat rooi is skiet nie. Ek gooi my rooiborsduif hoog in die lug en ek weet al die jagters sal dink dis die son. Kyk, my duif kom op en my duif gaan onder en waar hy vlieg daar skitter oseane en bome word groen en hy kleur my boodskap so bruin op jou vel Want my liefde reis met jou mee, my liefde moet soos ’n engel by jou bly, soos vlerke, wit soos ’n engel. Jy moet van my liefde bly weet soos van die vlerke waarmee jy nie kan vlieg nie. Breyten Breytenbach
ek wil vir jou ’n gewelhuisie bou in die boland van my hart … maar ek wil vir jou my lewe gee in die wit afdophuisie van my hart … Koos Kombuis
I fell in love with her courage, her sincerity and her flaming selfrespect. And it’s these things I’d believe in, even if the whole world indulged in wild suspicions that she wasn’t all she should be. I love her and that is the beginning of everything. F Scott Fitzgerald
Love is a temporary madness. It erupts like an earthquake and then subsides. And when it subsides you have to make a decision. You have to work out whether your roots have become so entwined together that it is inconceivable that you should ever part. Because this is what love is. Love is not breathlessness, it is not excitement, it is not the promulgation of promises of eternal passion. That is just being “in love” which any of us can convince ourselves we are. Love itself is what is left over when being in love has burned away, and this is both an art and a fortunate accident. Your mother and I had it, we had roots that grew towards each other underground, and when all the pretty blossoms had fallen from our branches we found that we were one tree and not two. Louis de Bernières, Captain Corelli’s Mandolin
… sonder jou liefde is die graaf te swaar vir my en val die geil reëns van die berge sonder doel. DJ Opperman
I greet you from the other side of sorrow and despair, with a love so vast and shattered it will reach you everywhere. Leonard Cohen
Om nege-dertig het ek jou ontmoet en volgens voorbepaling met die hand gegroet. Wit was die buislig-stilte op die gruis. Geslote in verdriet reeds elke huis. Die yl gekantel van ’n rafelende wolk het jou gedagtes soos ’n stem vertolk. By ons ontmoeting het jy reeds geweet. Diep in jou oë het jou hart gebreek. Ingrid Jonker
Eldaleen is die redakteur van Vrouekeur.