Ons almal sukkel soms om die silwer randjie om die donker wolke rondom ons te sien. Hier is ‘n paar wyshede wat jou lewe ligter kan maak:
1 Maak vrede met jou lewe sodat dit nie jou toekoms bederf nie.
2 Wat ander van jou dink, het niks met jou uit te waai nie.
3 Tyd genees omtrent alles – gee tyd.
4 Niemand kan jou gelukkig maak nie – net jyself.
5 Moenie jou lewe met dié van ander vergelyk nie, jy weet nie waaroor hul reis gaan nie.
6 Moenie alles oordink nie, dis oukei om nie al die antwoorde te hê nie.
7 Glimlag, jy het nie al die probleme in die wêreld nie.
Eldaleen is die redakteur van Vrouekeur.