Onthou jy nog jou eerste liefde?
As daar nou een onderwerp is wat skrywers, digters en ander kunstenaars inspireer, is dit die liefde. ’n Magdom stories is al daaroor geskryf en ’n magdom sal nog daaroor geskryf word, en waarom nie?
In hierdie week se uitgawe skryf Madelaine Page oor ’n paartjie wat 20 jaar gelede uitmekaar gegaan het, hul eie paadjie gevolg het en toe op ’n dag weer by mekaar uitgekom het. Nou skryf hulle weer hul storie saam en beplan ’n troue. Lees meer daaroor op bl 16. Hul mooi verhaal het ons op kantoor oor ou liefdes laat gesels (daar was interessante stories!) en ons het besluit om ons lesers daaroor te pols.
Eldaleen is die redakteur van Vrouekeur.