Ons almal sit met die een of ander traumatiese gebeurtenis in ons lewens
Zephany Nurse is as baba gesteel en haar biologiese ouers het 17 jaar lank na hul dogter gesoek. Op bl 8 vertel sy aan Maryke Roberts dat sy die vrou wat sy as haar ma geken het, vergewe het.Hoe en hoekom vergewe jy iemand wat vir die trauma in jou en ander mense se lewens verantwoordelik was? Zephany gee die antwoord: “… ek moes haar vergewe – vir my eie onthalwe”.
Ek het onlangs ’n boek gelees oor trauma, die erkenning en verwerking daarvan, vergifnis en die helingsproses. Die boek het vir my meer beteken as wat jare lange terapie sou kon beteken het en ek het summier etlike kopieë gekoop om vir mense te gee, wat ek weet met sekere gebeure in hul lewens sukkel. Die boek, The Choice, is deur Edith Eva Eger geskryf. Edith is in 1944 op 16-jarige ouderdom saam met haar ouers en een sussie, Magda, Auschwitz toe gestuur. Haar ouers is by hul aankoms in die gaskamers vermoor. Edith en Magda het soos ander gevangenes in dié konsentrasiekamp onmenslike gebeure deurgegaan.
Edith is deur ’n Amerikaanse soldaat van ’n hoop kaal lyke afgehaal met die ontsetting van die kamp toe sy met bomenslike inspanning sy aandag met die beweging van haar hand kon trek. Edith se storie kan jy self lees, maar hoe sy uiteindelik kon vergewe en vry van haar verlede in die hede leef, is wat my aangegryp het en wat ek nou in my eie lewe toepas. Edith het ná die oorlog Amerika toe getrek en uiteindelik ’n internasionaal bekende kliniese sielkundige geword. Op 92 reis sy steeds die wêreld vol – haar eie ervaringe en haar kennis van posttraumatiese stres help steeds ’n magdom mense.
Soos aartsbiskop Desmond Tutu oor Edith Eger skryf: “Dr Eger’s life reveals our capacity to transcend even the greatest of horrors and use that suffering for the benefit of others. She has found true forgiveness and shows us how we can as well.” Hoekom vergeef jy Mengele en Hitler as jy in ’n konsentrasiekamp beland het waar jou ouers vermoor is, jy als verloor het en vir dood op ’n hoop lyke gelos is? Soos Zephany Nurse en Edith Eger sê: Vir jou eie onthalwe. Hoe het Edith haar verlede oorkom? Haar antwoord is: “I haven’t overcome anything … every moment of terror lives on in me, in my memories, in my nightmares. The past isn’t gone … It lives on in me. But so does the perspective it has afforded me: that I lived to see freedom because I learned to forgive. Forgiveness isn’t easy … it is easier to hold grudges, to seek revenge …
It is too easy to make a prison out of our pain, out of our past. At best, revenge is useless. It can’t alter what was done to us, it can’t erase the wrongs we have suffered, it can’t bring back the dead. At worst, revenge perpetuates the cycle of hate. It keeps the hate circling on and on. When we seek revenge, even nonviolent revenge, we are revolving, not evolving … I stood on the site of Hitler’s former home and forgave him. This has nothing to do with Hitler. It was something I did for me. I was letting go, releasing the part of myself that had spent most of my life exerting the mental and spiritual energy to keep Hitler in chains. As long as I was holding on to that rage, I was in chains with him, locked in the damaging past, locked in my grief. To forgive is to grieve – for what happened, for what didn’t happen – and to give up the need for a different past. To accept life as it was and as it is. I do not of course mean that it was acceptable for Hitler to murder six million people. Just that it happened, and I do not want that fact to destroy the life that I clung to and fought for against all odds.”
Hierdie boek het my só aangeraak dat ek meer daarvan op hierdie bladsy sou kon deel, maar net grepe uit die boek sal nie reg aan die waarde daarvan laat geskied nie. Ons almal sit met die een of ander traumatiese gebeurtenis in ons lewens. Mens is geneig om trauma op ’n skaal van 1 tot 10 te meet en as jy nie in Auschwitz was, as baba gesteel is of iets dergeliks verskrikliks met jou gebeur het nie, dan kan jou trauma as “minder” geag word. Edith spreek ook hierdie onderwerp aan en maak dit duidelik dat trauma nie gemeet moet word nie. Elke mens se trauma is ’n ervaring wat ’n ingrypende invloed op jou lewe het. Die punt is, wat ook al jou trauma is, jy moet dit konfronteer om deur die proses te kan gaan om uiteindelik vry daarvan te kan leef. Doen jouself ’n guns en koop die boek – dit sal jou lewe verander. En met Kersfees om die draai, koop die boek sommer vir ’n paar mense ná aan jou se Kerskous.
Eldaleen is die redakteur van Vrouekeur.