Twee stories oor twee vroue by wie ons net kan leer oor hoe om die lewe aan te gryp ten spyte van omstandighede het my laat dink aan die rolprent oor Stephen Hawking se lewe wat ek onlangs gekyk het.
Ek is verbysterd oor dié man se deursettingsvermoë. ‘n Mens kan dus ag slaan op sy kyk na die lewe, veral as ‘n mens die kaarte wat die lewe vir hom toegedeel het, in ag neem. Hy sê: “Hoe moeilik die lewe ook al lyk, daar is altyd iets wat jy kan doen en waarmee jy sukses kan behaal.” Ons hier in die kantoor word elke week deur mense soos Stephen Hawking, Chaeli Mycroft en Annerie du Plooy (bl 14 en 22) geïnspireer en ek is seker Vrouekeur-lesers ook.
Eldaleen is die redakteur van Vrouekeur.