Daar is waarskynlik heelwat mense wat soos ek voel oor die ewigdurende geweld, armoede en ellende wat wêreldwyd sigbaar is.
Eldaleen Hugo
Dit breek my hart om die talle mense te sien wat op straat bedel. My dogter sê vir my dat dit vir haar so erg is dat sy elke keer as sy ‘n bedelaar sien, in trane uitbars, want dit is amper ‘n hopelose situasie om te probeer verander.
Ek deel haar gevoel. Een van my grootste wense is dat die massiewe gaping tussen arm en ryk wêreldwyd kan krimp. Ek het nie die oplossing nie. Trouens, hoe ouer ek word, hoe meer vrae en hoe minder antwoorde het ek.Die nimlike Tobie Cronjé gesels op bl 8 met ons en dit is duidelik dat hy dink. Sy siening van die lewe, “Dis wat ons leer uit die lewe wat vir my die kosbaarste is en ook die feit dat ons lewe”, onderstreep vir my dat ‘n mens nie moet blind wees vir die onregverdigheid, onreg, ongelykheid en onmin wat deel van die lewe is nie, maar dat ‘n mens jou ook nie daarteen moet blind staar nie. Dan kan ‘n mens dalk soos Tobie “… amper verstaan waaroor die lewe gaan”. Dit is nie net goed nie, maar ook nie net sleg nie.
SOURCES
Ivan Naude
Eldaleen is die redakteur van Vrouekeur.