Van alle dinge is dit ’n fliek wat my hierdie week aan die dink gesit het
Bicycle Thieves is die kunsfliek waarvan Leon van Nierop op bl 53 meer vertel.Etlike jare gelede, kort nadat ek die leisels oorgeneem het van die wa, Vrouekeur, wat ons elke week deur die drif moet trek, het ek en Leon mekaar ontmoet om kennis te maak. Leon was toe reeds deel van die VKspan, onder meer as rolprentresensent. Ek wou ’n ekstra stuk op sy blad hê en het hom gevra om elke week ’n paar woorde aan die bespreking van ’n sogenaamde kunsfliek af te staan. Gewis nie omdat ek wou grênd klink nie, maar omdat die soort flieks, vandat ek ontdek het daar is meer as Hollywood, regtig iets probeer sê.
Dit was jare gelede in Duitsland waar ek aan die betowering van Europese cinema blootgestel is. Van toe af was daar nie keer nie en sedertdien verkies ek flieks in enige taal in hierdie genre. Baie van my vriende deel my geesdrif, maar daar is diegene wat nie wil byt nie en die algemene verskoning is “ek hou nie van onderskrifte nie”. Laat ek dit nou maar prontuit hier sê: Laat staan jou geite en raak gewoond daaraan. Hoe meer jy dit doen, hoe beter gaan jy dit kan doen. Dit maak ander wêrelde vir mens oop.
Daar is baie flieks (heelwat is boeke wat rolprente geword het) op die lys wat my lewe verryk het. Hier is 20 waaraan ek nou vinnig kan dink met die naam van die regisseur en die taal van die fliek.
1 The Unbearable Lightness of Being Philip Kaufman – Engels
2 The Lives of Others Florian Henckel von Donnersmarck – Duits
3 Volver Pedro Almodóvar –Spaans
4 The Diving Bell and the Butterfly Julian Schnabel – Frans
5 I’ve Loved you so Long Philippe Claudel – Frans
Amour Michael Hanke – Frans
7 Antonia’s Line Marleen Gorris – Nederlands
8 Jean de Florette Claude Berr – Frans
9 Life is Beautiful Roberto Benigni – Italiaans
10 The Sea Inside Alejandro Amenábar – Spaans
11 Kolya Jan Sverák – Tsjeggies
12 Katyn Andrzej Wajda – Pools
13 Where Do We Go Now? Nadine Labaki – Arabies
14 Shall We Dance? Masayuki Suo – Japannees
15 Cinema Paradiso Guiseppe Tornatore – Italiaans
16 Downfall Oliver Hirschbiegel – Duits
17 The Barbarian Invasions Denyes Arcand – Kanadees-Frans
18 Fill the Void Rama Burshtein – Hebreeus
19 Red Cherry Ye Ying – Mandaryns, Russies & Duits
20 Black Book Paul Verhoeven – Duits, Nederlands, Engels, Hebreeus
Eldaleen is die redakteur van Vrouekeur.