Dis koue kos, Skat, gegrond op Marita van der Vyver se roman, is tans op die silwerdoek te sien. Christiaan J de Swardt het op bl 45 met ‘n paar van die akteurs in dié fliek gesels en wou by hulle weet watter karakter hulle vir ete sou uitnooi.
Dit het ons hier in die kantoor aan die praat gekry en so tussen sperdatums deur het ons groot pret gehad om elkeen ‘n paar bekendes te kies saam met wie ons om ‘n lang tafel sou wou kuier.
Eldaleen Hugo Leonard Cohen, Udo Jürgens, Sting, Elizabeth Gilbert, Daniel Day-Lewis
Christa Swanepoel Elvis, Gandhi, Madiba, Paul Newman, Freddie Mercury
Anlie Janse van Rensburg Woody Allen, Barack Obama, Owen Wilson
Margot Schultz Barbara Kingsolver, Margaret Atwood, Johnny Depp, Frida Kahlo, Joan Baez
Dané de Klerk Casper de Vries, Schalk Bezuidenhout, Usain Bolt, al die Friends-akteurs
Natasha van Wyk Chris Hemsworth (hy hoef nie te eet nie, hy kan net sit sodat ek na hom kan kyk), Tim Burton, Robin Williams, Michelle Obama, Stephen King
Zerelda Esterhuizen Jane Austen, Oscar Wilde, Marié du Toit, en my eie vriende sodat ek nie die enigste “gewone” mens is nie.
Je’Maine van Kradenburg Nataniël, die Dalai Lama, Ellen DeGeneres
Eldaleen is die redakteur van Vrouekeur.