Ek glo vas jy word wat jy dink. Negatiewe gedagtes slurp energie op en positiewe gedagtes gee energie.
Uiteraard is daar dae wat slegter is as ander en ek is seker as jy in armoede, oorlog of dergelike aaklige omstandighede vasgevang is, is dit baie moeiliker, indien nie bykans onmoontlik nie, om positief te dink. Desnieteenstaande dink ek mense wat in nare omstandighede positief probeer bly, kan dit dalk net-net beter hanteer as mense met ‘n negatiewe ingesteldheid onder dieselfde omstandighede.
Ek hou altyd Viktor Frankl se omstandighede en ingesteldheid in ‘n Nazi-konsentrasiekamp tydens die Tweede Wêreldoorlog in gedagte. Hy het onder meer gesê: Alles kan van ‘n mens weggeneem word, behalwe een ding: die laaste menslike vryheid – om jou eie ingesteldheid onder enige omstandighede te kies.
Eldaleen is die redakteur van Vrouekeur.