Dis die een geluk van ouer word, jy weet meer
Die veteraanaktrise Brümilda van Rensburg pryk dié week op ons voorblad. Ek en sy kan ons somme nou maar maak hoe ons wil, ons is oor die helfte van ons lewens. En dis presies waaroor ek en sy in ’n onderbreking tydens die fotosessie gesels het. Maak nie saak hoe oud ons is nie – oud voel ons gewis nie.
Ek kan nie namens Brümilda praat nie, maar soos ek haar opsom, sal sy waarskynlik met my saamstem – maak nie saak dat ons oor die halfeeumerk is nie – ons voel nie oud nie. En as ek na die voorbladfoto kyk wat Willem Botha geneem het, sien ek net mooi. Maar ek sien nog iets. Ek sien ervaring. Dis die een geluk van ouer word, jy weet meer. Nie dat jy al die antwoorde het nie; inteendeel, dis net dat jy jou minder aan die snert in die lewe en in ander mense se lewens steur en minder goed en mense maak jou bang. Ander bekende aktrises wat ook anderkant 50 is, stel dit elkeen op haar manier met insig en humor.
There is a fountain of youth: it is your mind, your talents, the creativity you bring to your life and the lives of people you love. When you learn to tap this source, you will truly have defeated age – Sophia Loren
40 is good, 50 is great, 60 is fab and 70 is %#@ awesome – Helen Mirren
How ridiculous to pretend we can stay young forever – Helen Mirren
I may be a senior, but so what? I’m still hot – Betty White
One of the benefits of being a mature, welleducated woman is that you’re not afraid of expletives. And you have no fear to put a fool in his place. That’s the power of language and experience. You can learn a lot from Shakespeare – Judi Dench
Eldaleen is die redakteur van Vrouekeur.