Leon van Nierop is al jare Vrouekeur se fliekresensent en hierdie week gesels Christiaan J de Swardt met hom – oor flieks natuurlik.
Met die lees van hierdie artikel, het Leon ons almal laat terugdink – na die tyd toe Saterdagmiddag nog fliektyd was. Onthou jy nog die opwinding as jy in die bioskoop sit en wag vir die gordyne om oop te trek? Leon gee ook sy keuse van die tien beste Afrikaanse flieks en dit het ons op kantoor omtrent aan die praat gehad – almal het natuurlik hul eie mening en flieks soos Ballade vir ‘n enkeling, Paljas en Pappa Lap is genoem. Lees verder in Vrouekeur wat lesers se beste fliekkeuses is.
Eldaleen is die redakteur van Vrouekeur.