Dis die maand van die liefde en kyk wat lees ek hieroor raak
Facebook kan my soms geweldig irriteer. Nee wag, dié stelling moet ek kwalifiseer: Mense se kommentaar op Facebook kan my soms geweldig irriteer. In so ’n mate dat ek dit al sterk oorweeg het om my eie Facebook- blad te sluit, maar nes ek dit wil doen, lees ek weer iets sinvols, interessants, insiggewends of moois raak wat my keer om die kind met die badwater uit te gooi.
Soos dít wat ek in hierdie week van Valentyn met julle wil deel. Kyk wat lees ek raak oor verhoudings op die Montgomery County Women’s Center, (deur Rising Women) se Facebook-blad:
1 WAT MAAK VERHOUDINGS DOOD?
Onuitgesproke verwagtinge
Vermyding
Om altyd reg te wil wees
’n Wees-meer-soos-ek-mentaliteit
Reaktiewe gedrag en ongeduld
Weerhouding van liefde
Mikrobestuur en beheer
Bevele in plaas van uitnodigings
Vertrouensbreuk
’n Swart boekie
2 WAT IS ONTOELAATBAAR?
Beheer
Aanval
Apatie
Manipulasie
Gebrek aan respek
Geweld
Aggressie (insluitend stilstuipe – dis passiewe aggressie)
Fisieke, verbale, emosionele mishandeling
Rassisme
Herhaalde oorskreiding van grense
3 HOE KAN DIT WERK?
Word kalm en haal diep asem voor jy praat
“Respondeer”, moenie reageer nie
Vra vrae voor jy afleidings maak
Gee jou geliefde die voordeel van die twyfel en glo dat sy/haar bedoelings goed is
Wees versigtig om als persoonlik op te neem
Maak jou behoeftes, begeertes en grense duidelik
Sorg goed vir jouself
Doen introspeksie
Onthou, julle het albei allerlei geite
4 WAT IS ANKERS IN ’n VERHOUDING?
Belangstelling
Om te luister
Ontferming
Inagneming
Kommunikasie
Viering van verskille
Vryheid om jouself te wees
Doelbewuste uitreik
Betrokkenheid, selfs in moeilike tye
Eldaleen is die redakteur van Vrouekeur.