Arnu Fourie het ‘n groot droom gehad. Hy het van kleins af hard gewerk om sy droom te bewaarheid. En toe is sy droom op 18-jarige ouderdom in ‘n paar sekondes verwoes.
Hoe begin ‘n mens weer droom as jou Plan A aan skerwe lê? Ek dink jy leer by Arnu hoe om weer voluit te droom en nie te dink dis Plan B nie. Op bl 12 vertel hy sy storie.
As ‘n mens se droom Om te sien hoe ‘n droom aan skerwe spat … om dit aan jou lyf te voel … dit is werklike pyn
Jy kan nie die volgende hoofstuk begin as jy aanhou om die vorige hoofstuk te lees nie
Miskien lê ‘n mens se sterkte nie daarin dat jy nog nooit gebroke was nie, maar in die moed wat dit verg om die gebreekte dele weer sterk te maak
Die enigste mens wat jy gaan word, is die een wat jy besluit om te word
Soms is die slegste goed wat met ons gebeur, juis dit wat ons op ‘n pad sit waar die beste dinge met ons gebeur
‘n Mens se storie hoef nie een van jou verpletterde drome te wees nie, maar ‘n storie van iemand wat nie verpletter kon word nie
Jy kan nie vrede vind deur die lewe te vermy nie – Virginia Woolf A
Die lewe breek ons almal, maar sommige word sterk op die gebreekte plekke – Ernest Hemingway
Geluk in die hede kan verpletter word deur dit met die verlede te vergelyk – Douglas Horton
Soms moet ons die lewe wat ons beplan het, laat vaar om die een wat vir ons wag, te aanvaar – Joseph Campbell
Die wonderlike goed in die lewe is wat jy doen en nie wat jy het nie – Reinhold Messner
Eldaleen is die redakteur van Vrouekeur.