Dis die maand van die liefde, sê hulle. Ons het lesers op ons Facebook-blad gevra wat hulle dink is die geheim van ’n gelukkige verhouding
Juliette Illingworth Meintjes Om outentiek en eerlik met mekaar te wees. Kommunikasie en nogmaals kommunikasie. Werk saggies met mekaar, die lewe is hard genoeg. Werk saam as ’n span en wees ’n hawe vir mekaar. Moet nooit ophou “date” nie.
Karin Pitout Wedersydse respek, ruimte om saam en individueel te groei en kommunikasie.
Elizabeth Hayward Ek het vir my kinders geleer dat ’n mens in die huwelik 100% gee en niks terugverwag nie.
Daleen Gerber Onvoorwaardelike liefde en om jammer te sê en dit regtig te bedoel.
Marina Graaff Behandel jou geliefde soos jy graag behandel wil word.
Soekie Stronach Lag vir jouself en lag vir mekaar.
Ouma Lettie van Nieuwenhuizen Luister na mekaar. Verskil as julle moet, maar hanteer dit soos volwassenes. Vergewe met oorgawe. Speel met oorgawe. Wys liefde met oorgawe. Julle is nooit te moeg om saam te lag of bid nie.
Gerrit Hettie Buter Gee, gee en gee.
Rolene Oosthuizen Om geen geheime vir mekaar te hê nie en nooit kwaad vir mekaar te gaan slaap nie.
Jeannette Hefer Geloof. Respek. Liefde.
Yvonne Geary Taljaard Vertroue, liefde, respek, eerlikheid, verdraagsaamheid, nederigheid en om God eerste te stel.
Rinca Schreuder Kommunikasie, al veroorsaak dit konflik.
Esmeralda Pretorius Geloof, respek, kommunikasie, vertroue en eerlikheid.
Christel Obery Om elke dag weer te commit (veral ná verskille).
Sherrine Nell Beeslaar Belangstelling, eerlikheid, dieselfde waardes, kommunikasie, geloof en om beste vriende te wees.
Stella Riley Kommunikasie, opofferings, praat oor probleme en stap saam met God.
Jacqueline En Neil Eerlikheid, begrip vir mekaar en om nie op te gee nie. Herinner mekaar daagliks aan jul liefde vir mekaar.
Therese Van Den Berg Neem mekaar in ag in alles, en eerlikheid. Ná 21 jaar klop my hart steeds warm vir my Godvresende man.
Hedwicht Hefer Smith Die samesyn oor die naweek ná ’n besige week. Die koester van omgee en liefde. Dis ’n stukkie hemel vir ons.
Marina Nieuwoudt Grobler Respek, vertroue en ons gaan slaap nie kwaad vir mekaar nie. Maar die grootste rede hoekom ons huwelik al vir amper 27 jaar hou – die wete dat ons albei in ons Heer glo. Ansie Skinner 100% eerlikheid en 100% vertroue!
Hester van Wyk ’n Driehoek: die Here in die boonste punt, jy in die een punt, jou maat in die ander punt onder. Julle groei opwaarts. Hoe nader julle boontoe na die Here toe beweeg, hoe nader beweeg julle na mekaar toe. Dit werk al 47 jaar vir ons.
Belinda Wallis Wedersydse respek, onbaatsugtige liefde en om saam die Here te dien.
Wat is liefde? Wat trek mense na mekaar aan?
Ek dink nie daar is een antwoord op hierdie vrae nie. Wat ek wel weet, is as jy jou pasmaat gevind het, is jy een van die gelukkiges – dis nie almal beskore nie. Ek en my geliefde is hierdie jaar 14 jaar lank saam. Wat is ons geheim? Ons lewens is beter saam met mekaar as sonder mekaar.
Ek hou van wat Elize Fourie Slabbert skryf. Vir haar lê die geheim in ’n gelukkige verhouding in dié aanhaling: “I hope you find someone who doesn’t make you sad at night, someone who reminds you how much they love you every day, who laughs at your jokes and listens to your music and genuinely wants to be with you, and doesn’t make you
Eldaleen is die redakteur van Vrouekeur.