Soms lees ek iets raak wat ek eintlik weet, maar as ek dit swart op wit sien, herinner dit my weer om dit in gedagte te hou
- Gee ’n ferm handdruk.
- Kyk mense in die oë as jy met hulle praat of na hulle luister.
- As iemand jou iets vertroulik vertel, moenie dit oorvertel nie.
- Wees dapper al is jy nie – maak asof jy is, want niemand ken die verskil nie.
- Gebruik sarkasme versigtig.
- Kies jou lewensmaat met sorg. Dié besluit gaan 90% van jou geluk of ongeluk bepaal.
- Maak dit ’n gewoonte om gawe goed vir mense te doen, sonder dat hulle weet wie dit doen.
- Leen net boeke uit wat jy nie weer wil sien nie.
- Moenie iemand van hoop ontneem nie – dis dalk al wat hy of sy het.
- As jy bordspeletjies met kinders speel, laat hulle wen.
- Gee mense ’n tweede kans, maar nie ’n derde nie.
- Word die positiefste en geesdriftigste mens wat jy kan.
- Behalwe vir ingrypende gebeure soos dood en ernstige siekte is min goed so ernstig as wat jy aanvanklik dink dit is.
- Wees ’n goeie wenner.
- Wees ’n goeie verloorder.
- Dink twee keer voor jy iemand met ’n geheim opsaal.
- As iemand jou ’n drukkie gee, wees die laaste een om te laat gaan.
- Wees nederig.
- Baie dinge het al gebeur en is verwesentlik voor jy gebore is.
- Hou dinge eenvoudig.
- Wees versigtig vir mense wat niks het om te verloor nie.
- Moenie brûe noodwendig verbrand nie. Jy sal verbaas wees hoeveel keer ’n mens dieselfde rivier moet oorkruis.
- Wees iemand se held.
- Trou net vir liefde.
- Tel jou seëninge.
- Leef so dat daar op jou grafsteen kan staan: Ek is oor niks spyt nie.
- Waag dinge – jy gaan minder spyt wees oor goed wat jy gedoen het as dit wat jy nié gedoen het nie, omdat jy bang was om die kans te waag.
- Moenie ’n kans laat verbyglip om vir ’n geliefde te sê jy is lief vir hom of haar nie.
- Onthou, ons leef nie op ons eie nie. Sê mildelik dankie aan diegene wat jou help.
- Wees in beheer van jou ingesteldheid. Moenie dat iemand anders dit vir jou kies nie.
- Begin die dag met jou gunstelingmusiek.
- Neem soms die mooiste roete in plaas van die kortste.
- Respekteer almal wat werk om ’n lewe te maak, maak nie saak wat hulle doen nie.
- Stuur blomme vir jou geliefdes. Dink later aan die rede.
- Maak iemand se dag deur die persoon agter jou in die tou se tolgeld by die tolhek te betaal.
- Waai vir die kinders in die skoolbus.
- Dink voor jy ’n mening gee.
- Onthou 80% van die sukses in jou werk het met menseverhoudings te make.
- Moenie verwag dat die lewe regverdig is nie.
- Hou op kerm oor twak.
Eldaleen is die redakteur van Vrouekeur.