Met een hekkie op ʼn slag het drie mense groot uitdagings te bowe gekom
Wat het Torsten Koehler, Eric van der Byl en dr Raymond Dusabe in hierdie week se uitgawe in gemeen? Hulle het al drie groot uitdagings te bowe gekom en ploeg vandag terug in die gemeenskap.
Torsten het kanker oorwin en doen nou ongelooflik baie vir kankerbewusmaking en Eric moes groot uitdagings oorkom om verder te studeer. Vandag is hy ’n rolmodel in sy omgewing en ’n ambassadeur vir Afrikaans. Dr Raymond Dusabe het reeds in ’n vlugtelingkamp in Rwanda geweet dat hy ’n dokter wil word en nou maak hy ’n groot verskil in sy land. Drie mense wat nie toegelaat het dat omstandighede hulle aftrek nie; wat hekkie vir hekkie oorkom het en groter as hul probleme was.
Eldaleen is die redakteur van Vrouekeur.