Redakteur Eldaleen Hugo deel ‘n paar lewenswyshede
1 Leef binne jou vermoëns.
2 Hou op om ander mense te blameer.
3 Moenie verskonings maak nie.
4 Erken wanneer jy ’n fout gemaak het.
5 Doen iets goeds vir iemand sonder
om iets terug te verwag.
6 Luister meer, praat minder.
7 Pasop vir vooroordeel.
8 Streef daarna om uitmuntend te
wees, nie perfek nie.
9 Wees betyds.
10 Wees verdraagsaam.
11 Raak georganiseerd.
12 Wees gaaf met gawe mense.
13 Wees gaaf met mense wat nie so
gaaf is nie.
14 Laat toe dat iemand voor jou in die
tou indruk.
15 Maak tyd om alleen te wees.
16 Wees gemanierd.
17 Wees nederig.
18 Besef en aanvaar dat die lewe nie
regverdig is nie en jou niks skuld nie.
19 Weet wanneer om stil te bly.
20 Probeer om een hele dag niemand
te kritiseer nie.
21 Leer uit die verlede.
22 Beplan vir die toekoms.
23 Leef in die hede.
24 Moenie jou kop oor klein dingetjies
breek nie.
25 Die meeste goed is klein dingetjies.
Eldaleen is die redakteur van Vrouekeur.