Soos julle teen hierdie tyd weet, maak tydskrifte by Caxton Magazines toe (insluitende Vrouekeur)
Baie dankie vir elke boodskap wat ons op alle platforms kry om die Vrouekeur-span in hierdie baie slegte tyd moed in te praat en te ondersteun. Ons is tans nog self in die duister oor presies wat als aan’t gebeur is en wat die (baie) nabye toekoms inhou. Wat ek wel weet, is dat die afgelope bykans tien jaar as deel van die Vrouekeur-span ‘n ervaring was wat geen geld kan koop nie. Dit sal my altyd bybly as ‘n besonderse tyd in my lewe saam met besonderse mense.
Ons kyk tans na moontlikhede om die tydskrif “op eie stoom” te laat voortbestaan, maar dit kan ons net doen as dit ‘n deurdagte besluit is en dit finansieël besonder gesonde sin maak en dit hoegenaamd ‘n moontlikheid is om te ondersoek – en dis als nog baie tentatief. Aan elke leser wil ons sê: Baie dankie vir jul lojale ondersteuning deur die jare. Daar is nog drie Mei-uitgawes in die produksielyn voor ons moet groet (15 Mei, 22 Mei en 29 Mei).- Eldaleen Hugo (redakteur)
Eldaleen is die redakteur van Vrouekeur.