Eintlik moet ek hierdie week nie eers probeer om iets vir hierdie ruimte in die tydskrif te skryf nie.
Eintlik moet ek hierdie week nie eers probeer om iets vir hierdie ruimte in die tydskrif te skryf nie. Blaai na
bl 28 en lees dr Adam Mahomed se storie. Om enigiets te probeer sê nadat ek sy lewensverhaal gelees het, klink oppervlakkig. Ek wil amper sê as daar net een artikel is wat jy dié week moet lees, is dit dié een. Lees dit, internaliseer wat hy sê en vertel dit vir almal wat jy teëkom. Ons kan almal iets van die man se lewensbeskouing en die hantering van intense en ondenkbare hartseer leer. Ten spyte van alles wat met hom gebeur het, sê hy tog dat hy vreugde daaruit put om positief te leef.
Eldaleen is die redakteur van Vrouekeur.