Nuwe voorkoms vir De Wetshof-etikette spog met Cape Vintner Classification-status
Maryke Roberts
De Wetshof Estate, die Suid-Afrikaanse Chardonnay-pionierprodusent in Robertson, het ‘n versameling nuut-verpakte wyne uitgereik om elkeen van sy ligging-spesifieke Chardonnays ‘n eie identiteit te gee, en ook De Wetshof se nuwe Cape Vintner Classification (CVC)-akkreditasie te vertoon.
Die nuwe etikette en meer inligting oor presies hoe die Cape Vintner Classification-status werk, is onlangs by die Planet Restaurant by die Belmond Mount Nelson Hotel in Kaapstad aan gaste bekend gestel.
De Wetshof Estate is een van die stigterslede van die Cape Vintner Classification-status. Die nuwe voorkoms word aangetref op die De Wetshof Bateleur-, The Site-, Finesse-, Limestone Hill- en Bon Vallon-wyne, wat almal gevestigde Chardonnays is wat individuele karaktereienskappe en ‘n eie persoonlikheid in terme van wingerdperseel en wynmaak uitstraal.
Volgens die eienaar en keldermeester Danie de Wet, is De Wetshof daartoe verbind om die diversiteit binne hul reeks Chardonnays te vertoon. “Chardonnay is ‘n druifsoort wat ligging, grond en klimaat weerspieël soos min ander – slegs Pinot Noir en Riesling kan meeding – en De Wetshof was nog altyd ‘n Chardonnay-huis met vyf aparte en unieke vertrekke. Chardonnay is die goue draad, maar elkeen van die wyne het hul eie stem te danke aan hul geografiese oorsprong, kloon-seleksie en wynmaakstyl, wat wyne skep wat ‘n ware uitdrukking van hul ligging is.”
Tot hede het al vyf Chardonnays aparte identiteite wat die liggingspesifieke aard daarvan weerspieël, en elkeen geniet ‘n lojale aanhang van verbruikers weens die onderskeie geurprofiele.
Tesame met die onlangse CVC-akkreditasie wat aan De Wetshof se Chardonnay-wyne toegeken is, stel die nuwe etikette die landgoed in staat om ‘n sterker klem om elke wyn se individualiteit en unieke karakter te plaas, en dit aan die verbruiker te kommunikeer.
Die etikette is ontwerp deur die toonaangewende grafiese ontwerper Anthony Lane. Met die De Wet-familiewapen as gemeenskaplike kenmerk, verskil elke etiket wat lettertipe en visuele effek betref.
Vir die eerste keer sal al vyf wyne die amptelike CVC-seël dra. De Wet, wat een van die pioniers van die CVC-liggaam is, sê dat die CVC as liggaam poog om die status van Suid-Afrika se premium-wynsektor te verhoog en groter bewustheid daarrondom te skep.
“Dit gaan alles daaroor om ‘n standaard te skep vir Suid-Afrikaanse wyne wat afkomstig is van liggingspesifieke wingerde en wat herkoms en ‘n bloedlyn gevestig het,” sê De Wet. “CVC-lede moet geregistreerde landgoedere wees en moet voldoen aan die hoogste standaarde wat betref kelderpraktyke (Geïntegreerde Produksie van Wyn, oftewel IPW), arbeidsverhoudinge, kelderdeur-aanbiedings en, natuurlik, wingerdbestuur.”
Die Bateleur 2013 pryk met die CVC se hoogste vlak van terreinspesifieke akkreditasie, naamlik Superieur. Die The Site 2014, Finesse 2014, Limestone Hill 2015 en Bon Vallon 2015 dra die status van Wingerdwyne wat deur die eienaar besit of bestuur word.
Afgesien van die CVC se streng vereistes, moet elke wyn wat akkreditasie nastreef ten minste vyf oesjare aan ‘n onafhanklike paneel voorlê om geproe te word. Superieure wyne moet ten minste 18/20 punte in hierdie proe behaal vir vier van die vyf wyne, terwyl die Wingerdwyne ten minste 16/20 moet behaal vir vier van die vyf wyne wat aangebied is.
Die nuwe etikette en die CVC-sertifisering
SOURCES
Clifford Roberts