Dis Maryke en Clifford Roberts se agste dag vir Vrouekeur by die 17de Woordfees op Stellenbosch. Klik op die foto om te sien wie hule raakgeloop het en wat hulle bygewoon het.
Maryke Roberts
By die Hofmeyrsaal in Kerkstraat was verskeie kunstenaars se werke te sien as deel van die Visuele Kunsprogram. Daar is ook ’n Kunsklets aangebied waar die kunstenaars en die rolspelers bespreek is. Feesgangers kon daar gaan rondloop en onder die bome gaan ontspan met ’n glas Lanzerac-wyn. By die ATKV Boektent was dit woelig met verskeie skrywers wat oor hul boeke kom gesels het: Louis en Cora de Kock; Ingrid Winterbach; en Johan Bakkes en daar was ’n huldigingsgesprek vir TT Cloete.
Bertie Coetzee en Beer Adriaanse het die middagete opgehelder met hul klanke by De Vette Mossel, terwyl die kosdemontrasie van Barbara Joubert by Die Khaya, die monde laat water het.
Die argitektoniese wandelinge het van Erfurthuis vertrek, wat deur die kultuurhistorikus, Matilda Burden, gelei word. Daar was twee roetes: middedorp of Die Braak.
In die Endler het Nina Schumann en Luis Magalhães in Two Pianists: Nina aved Luis!, die klawers getokkel en elders op die fees het Theuns Jordaan die Spier amfiteater aan die brand gesing.
Die vertoning wat die meeste feesgangers gelok het, was Karen Zoid wat 6000 feesgangers by haar vertoning, Republiek van Zoid-Afrika, laat saamsing en skree het. Dis by Coetzenburg gehou.
By die Hofmeyrsaal in Kerkstraat was verskeie kunstenaars se werke te sien as deel van die Visuele Kunsprogram. Gordon Froud se Conevirus is ’n reuse installasie voor die saal.
Ingrid Winterbach teken haar boek, Vlak Water, na haar praatjie in die ATKV Boektent.
Beer Adriaanse en Bertie Coetzee het die middagete opgehelder by De Vette Mossel.
Francois van Coke tree by die Republiek van Zoid-Afrika vertoning by Coetzenburg op.
Karen Zoid het die 6000 feesgangers by haar vertoning, Republiek van Zoid-Afrika, laat saamsing en skree.
Karen Zoid het vele gaste op die verhoog gehad, waaronder Emo Adams,
Anneli van Rooyen, Vicky Sampson en vele meer. Hier sing sy en Kahn Morbee saam.
SOURCES
Clifford Roberts