Dis Maryke en Clifford Roberts se sesde dag vir Vrouekeur by die 17de Woordfees op Stellenbosch. Kyk om te sien wie hule raakgeloop het en wat hulle bygewoon het
Maryke Roberts
Afrika se armoede en wie se skuld dit nou eintlik is, was die vroegoggend bespreking by Die Plataankafee. In die ATKV Boektent was verskeie sprekers: Kallie Schoeman van die Schoeman Boedery, Jackie Grobler oor die Anglo-Boereoorlog; toe is daar bespiegel of ons moet emigreer of nie; Yolande Korkie het gesels oor 558 dae in Yemen; toe is bespreek of daar iets is soos etiese mediese navorsing in Suid-Afrika en’n huldeblyk is aan Johan Degenaar gebring.
Marike Bekker het by die HB Thom met Cass Abrahams oor haar nuwe boek, ‘n Lewe met kos, wat pas by Lapa verskyn het, gesels en Francois van Coke het die indrukwekkende lanings by Neethlingshof laat bewe.
By Die Khaya was die onderwerp Stembus 2016 en die plaaslike verkiesings was onder die soeklig. Die ANC en DA is die twee sterkste partye, maar gaan hulle die soort diens wat ons nodig het, kan verskaf? Henry Jeffreys, voormalige redakteur van die Die Burger, is die gespreksleier by dié praatjies.
Anthea Thompson was briljant in Geraldine Aron van Shirley Valentyn, Die naaimasjien en Lyf-faam se nuutste werk, My briljante egskeiding met vertaling en regie deur Hennie van Greunen. Die storie handel oor Engela en Manie, wie een dag sy tas inpak, in plaas van uitpak, toe hy van ‘n sakereis terugkeer. Engela vind uit van Rosa, die nuwe liefde in haar man se lewe en alles is onderstebo.
WAT: A tot Z met Leon van Nierop as seremoniemeester met onder meer Koos Kombuis, Chris Chameleon, Louis Loock, Lize Beekman, Albert Frost en ‘n vol orkes, het die WAT se 90ste bestaansjaar by die Spier amfiteater gevier. Willem Botha, hoofredakteur en uitvoerende direkteur van WAT, het vertel hoe die werk vorder. Ou bekende liedjies soos “Die Donkie”,“Boereplaas”, “Suikerbossie” en meer onlangse treffers van onder meer Anton Goosen, Laurika Rauch, Koos Doep en Ingrid Jonker se verwerkings is ook gesing. Dit was twee ure van pure nostalgiese musiekgenot.
Rob van Vuuren se kwinkslae by Laer as Laag was heel gepas in sy komedie-sketse en die aand is afgesluit met die klanke van Gerald Clark en Natasha Meister.
Hennie van Greunen, Pedro Kruger, Llandi Beeslaar en Emilé Hager kuier by die fees.
Mary Sibande is die feeskunstenaar vir Woordfees 2016. Haar uitstalling is in die US Kunsmuseum te sien.
Willem Botha, hoofredakteur en uitvoerende direkteur van WAT, wat vanjaar sy 90ste verjaardag vier, aan die woord.
Lien Botha se uitstalling, Wonderboom, is in die Mike de Vries-galery in die US Kunsmuseum te sien. Dit bestaan uit 18 foto’s em word gesien as disintegreerde fototekste.
Piet Botha het met sy etensuur konsert verskeie gaste op die verhoog gehad by De Vette Mossel.
SOURCES
Clifford Roberts