Dis Maryke en Clifford Roberts se derde dag vir Vrouekeur by die 17de Woordfees op Stellenbosch. Kyk wie hulle raakgeloop het en wat hulle bygewoon het.
Maryke Roberts
Die oggend is jolig afgeskop met ‘n uitvoering van die Libertaskoor, wat selfs vir Zorada Temmingh vir ‘n nommertjie op die verhoog genooi het. Kunskurator Alex Hamilton het sy kunsrondleiding gedoen en mense het hul verkyk aan die nuwe uistalling by “Opskiet by die Museum” – elke dag ‘n nuwe uitstalling wat om die Woordfeestema, “Bly”, wentel.
Daar is die storie van Totius se lewe, Totius: die rus is elders. Hy het onder meer die Bybel en ook die Psalms en Gesange in Afrikaans vertaal en was die stigter van die aanvanklike Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys.
So tussendeur het ons ‘n draai gemaak by die verskillende kuns-uitstallings wat deel vorm van die Visuele Kunsprogram en ook die privaat galerye wat uitstallings het. Koffie by Plataan Kafee, voor ons boeke gesnuffel het by die ATKV Boekwinkel.
By die Oude Libertas-ouditorium het Louis Janse van Vuuren en Hardy Olivier hul boek, Die storie van ‘n huis – fabels en feeste, bekendgestel.
Die eerste Woordfees Pops is by Coetzenburg gehou en vir meer as drie ure is feesgangers vermaak met pragstemme van Brandon October, Elvis Blue, Gloria Bosman, Laurika Rauch, Magdalene Minnaar en vele meer.
By die Spier amfiteater het die Gerformeerde Blues Band die feesgangers laataand onder die sterre vermaak, terwyl daar voort ge-rock is by Laer as Laag.
Die Libertaskoor het die voete vrolik laat saamtik in die Endlersaal.
Die span van Totius: die rus is elders, is van links Izelle Claassen, Babette Viljoen, Pierre-André Viviers en Olga Leonard.
Gloria Bosman en Minette du Toit-Pearce by die Woordfees Pops.
Dis die eerste maal wat die Woordfees Pops gehou is.
By die Oude Libertas-ouditorium het Louis Janse van Vuuren en Hardy Olivier hul boek, Die storie van ‘n huis – fabels en feeste, bekendgestel.
SOURCES
Clifford Roberts