Die jaarlikse Woolworths vooruitskouing vir die feesseisoen is ‘n hoogtepunt op menige se kalender en vanjaar was geen uitsondering nie.
Maryke Roberts
Vrouekeur het gaan inloer na wat lesers vanjaar op die rakke kan verwag – of jy nou ‘n lekker braai met bykosse en slaai; of ‘n tradisionele boud en braaigroente beplan.
Met Kersfees wat by baie mense nostalgie oproep, is daar groot fokus op nostalgie en trooskos. Maar vanjaar is daar bling en pret by. Kyk uit vir die feestema-sokkies vir mans, of wat van takbokbrille? Lekkergoed in blikke vir kinders of oulike sagte Kersvaderspeelgoed; of ietsie mooi vir ma soos ‘n potplant of versier net die Kersboom met lieflike ornamente.
As jy glad nie lus is vir kook nie, is daar geroosterde geregte, gebraaide, voorbereide kos en bykosse wat jou soos die wêreld se beste sjef sal laat voel.
Dek die tafel met klappers met oulike geskenkies in en sluit af met koekstruif of sjokolade brownies of glutenvrye makrolletjies.
Van links is die kelners wat ons glase volgehou het, Yanga Titshala Dylan Arendse, Rebecca Constable, wynprodukte ontwikkelaar vir Woolworths en Tylor Petersen by van die magnums op hul rakke.
Die tafels is gedek vir die wonderlike voorskou en middagete.
Oulik as geskenke, maar o so lekker om vir jouself te hou.
Die wyn magnums is beskikbaar in verskeie geskenkpakke en afsonderlike mooi sakkies vir wyn is ook beskikbaar.
Lauren Rawbone, Pinnie Hearn, Spesiale Geleenthede produk-ontwikkelaar en Unisha Singh omring deur van die Kersversierings.
Geskenke vir ma of die vrou in jou lewe.
Hoe lyk dit met die oulike plantjie in die ysbeer-blomhouer?
Van al die lekkertes wat beskikbaar is hierdie Kersfees en die gaste kon proe.
SOURCES
Maryke Roberts
Maryke is ’n ervare joernalis, wat haar liefde vir reis, mense, boeke, teater en lekker kos en wyn, op hierdie manier kan uitleef. Sy was al op elke uithoek van die aardbol – bo die wolke; in ’n lugballon; onder die water in ’n duikboot en onder die grond in tonnels – en gaan nêrens sonder haar reisgenoot, eggenoot en mede-joernalis, Clifford nie. Sy glo die lewe is te kort vir slegte koffie.