Media en kosfoendies is genooi na die pragtige Bree Street Studios in Kaapstad om Woolworths se nuwe jogurtreeks te proe
Deur: Maryke Roberts
Foto’s: Samantha Claase en Robbert Koene
Daar is steeds geen bygevoegde preserveermiddels nie, maar die dubbelroom-, laevet- en vetvrye joghurt het nou 16% meer vrugte; tussen 25% en 39% minder suiker in uitgesoekte laevet- en vetvrye jogurts vergeleke met die 2016-resepte en natuurlik is daar die miljoene lewendige Bifidobakteriese kulture wat bydra tot ’n goeie spysverteringstelsel.
Gaste het gehoor dat inkopiegangers gevra het vir meer geur en ’n groter verskeidenheid geure en dis wat die Woolies-span saam met ’n string voedseltegnoloë gedoen het. Nou kan jy kies uit soja somervrugte, laktosevrye aarbei, vetvrye mango, volroom aarbei-en-beet joghurt. Of hoe klink Ayrshire dubbelroom kokosneut-en-lemmetjie; bessie-en-koekstruif of suurlemoen, peer en rababer?
Die jogurts is beskikbaar in 150 g, die 6-pak, 4 pak of 1 kg houers by jou naaste Woolies-tak of aanlyn.